Menu

New Members 0861 56 46 66

Existing Members 0860 10 20 10

Hospital Admission 0860 10 62 05

three men standing in queue holding briefcases

Mediese Skemas – Makelaars Kommissie-verdiense

Mediese fonds makelaars bly steeds ietwat van ‘n “warm besprekingspunt” te wees, veral aangesien ‘n paar onlangs die mening in die media en op sosiale platforms uitgespreek het dat kliënte kleiner mediese skemas moet vermy.

Hul “boodskap” is dat slegs die grootste mediese skemas met sekerheid u eise kan betaal – ‘n baie vreemde gedagte, gegewe die feit dat, as “FAIS”- en RMS-geakkrediteerde makelaars, hulle beslis van beter behoort te weet.

Wat egter soos ‘n paal bo water staan, is dat, terwyl hierdie menings op verskeie openbare platforms gelug word, sekere makelaars gerieflik verkies om die aspek van die wyse waarop hulle hul kommissie-verdienste “wettig” optimaliseer, te vermy – en dat hulle lidmaatskap aan groter (en dikwels duurder) mediese skemas voorstaan omdat dit in hul eie belang is.


Sonder om op besonderhede in te gaan:  makelaars kan sê dat ‘n duurder skema die beter opsie vir u sal wees aangesien dit al u gesondheidsbefondsing-behoeftes sal dek, terwyl hul aanbeveling eenvoudig spruit uit die feit dat hulle ‘n hoër kommissie daar kan verdien.

Inderwaarheid maak dit eenvoudig net nie sin vir u om meer te betaal vir ‘n hospitaalbed as wat nodig is nie. Beddens word nie spesiaal gereserveer vir lede van spesifieke mediese skemas nie. Dit word gereserveer vir wie ookal daarvoor kan betaal.

Daar word beslis geen spesiale voorkeur gegee in terme van aan watter mediese fonds u behoort nie. Onthou ook dat u altyd die keuse het om direk by enige mediese skema aan te sluit sonder om gebruik te maak van ‘n makelaar.

Dus, wanneer u ‘n mediese skema kies, besluit eerstens wat die tipe dekking is wat die beste by u familie pas, selfs as u sekere van die risiko’s self verseker, en kry dan kwotasies van al die mediese skemas wat die soort dekking wat u verlang, bied. Kies die mediese skema wat u behoeftes en u sak die beste pas.

Veels te dikwels word die publiek mislei deur die “groter is beter”-idee.

Dink ‘n oomblik na oor die volgende denkbeeldige situasie: u makelaar besef dat daar mediese skema-opsies is wat baie goed voldoen aan u behoeftes, maar ‘n veel laer bydrae hef. As hy sou besluit om aan te beveel dat u by daardie skema aansluit, en u instem, stel u voor wat kan gebeur in sy/haar huishouding:

“Liefling, vandag het ek ‘n baie goeie ding gedoen. Ek het my 1 000 kliënte na ‘n baie goedkoper mediese fonds geskuif. Hulle gaan almal, elke liewe een, elke maand ‘n fortuin bespaar en steeds dieselfde of selfs beter voordele geniet. Maar, my liefling, en hier is die groot ‘maar’, ons sal jou motor moet laat gaan, asook ons twee vakansiehuise en die private onderwys vir die kinders. O ja, en ons drie oorsese vakansies per jaar sal beperk moet word tot slegs een.” “Aan die ander kant, as ek niks vir my kliënte sê nie en ek gaan voort om die kleiner mediese skemas te vermy, kan ons gemaksone voortgaan. Maar moet asseblief net nie my kliënte vertel nie!”

‘n Makelaar se kommissie is gebaseer op die bydrae wat u aan u mediese fonds betaal; dus: hoe hoër u bydrae – hoe hoër sy/haar kommissie.   Die Wet op Mediese Skemas bepaal dat die maksimum bedrag betaalbaar aan ‘n makelaar deur ‘n mediese skema nie R71.07 plus BTW per maand, of 3% plus BTW van die maandelikse bydraes betaal deur die lid, wat ook al die minste is, sal oorskry nie.

Hoewel dit dalk nie na ‘n groot bedrag lyk nie, dink net wat gebeur in die geval van ‘n makelaar wat ‘n mediese boek van 5 000 lede het, soos in die geval van 5 000 werknemers van ‘n maatskappy. Argumentsonthalwe, kom ons veronderstel hulle is almal op ‘n hospitaalplan en dat elke hooflid ‘n volwasse afhanklike (eggenoot) en twee kinders het.   Die tabel hieronder spreek vanself.

Meer bekostigbare mediese skema   (hospitaalplan) Effens duurder mediese skema   (hospitaalplan)
Maandelikse bydraes vir familie van 4 R2 145 R2 770
Maandelikse makelaarskommissie R64.35 plus BTW = R73.36 R71.07 plus BTW = R81.02
Verskil in kommissie-inkomste per   individuele lid per maand R7.66
Verskil in kommissie-inkomste   vir 5 000 lede per maand R38 300
Verskil in kommisie-inkomste vir 5   000 lede per jaar R459 600

Dit is dus nie moeilik om te sien dat dit wel deeglik in ‘n makelaar se beste belang is om lede aan te moedig om by ‘n duurder mediese fonds aan te sluit, terwyl dit nie noodwendig in die beste belang van die kliënt is nie. Die teenoorgestelde is natuurlik ook waar, dit wil sê, u makelaar kan ‘n duurder mediese fonds aanbeveel, omdat die voordele wat aangebied word beter geskik vir u individuele gesondheidsorgbehoeftes is en dit natuurlik in u beste belang sou wees. Groter is nie altyd beter nie, en goedkoop kan duurkoop wees; doen dus u huiswerk en maak seker dat u die mediese fonds-voordele-opsie kies wat die beste dekking bied wat u gesondheidsorg benodig in oorleg met wat u kan bekostig.

LiveZilla Live Chat Software